Styl, struktuur en rigting vir jou gasteverblyf.

Ons help jou om meer besprekings te kry deur rustigheid, struktuur en vertroue in jou gasteverblyf se voorkoms te skep, aanlyn én in jou ruimtes. Ontdek wat werk, wat verwarrend is en wat jy eerste moet verbeter om meer besprekings te kry met my Gratis Boetiek Styl-Oudit™

Oor JOY Designs


JOY Designs kombineer dekades se ontwerp-ervaring met ’n praktiese oog vir struktuur, detail en besluitneming.


Ek is Helen Loggenberg, eienaar van JOY Designs. Met meer as 31 jaar ervaring in grafiese ontwerp, interieurontwerp, handelsmerkontwikkeling en visuele kommunikasie, help ek besighede om sterker eerste indrukke te skep en hul unieke storie duidelik te vertel.


Vandag fokus ek veral op gastehuise, boetiekverblyf, Airbnb's en ander gasvryheidsondernemings wat hul gaste-ervaring wil verbeter en meer besprekings wil inspireer.


Deur ontwerp, stilering, fotografie, handelsmerkontwikkeling en bemarking saam te bring, help JOY Designs eienaars om hul styl te verfyn, hul aanlyn teenwoordigheid te vereenvoudig en ’n professionele, rustige gevoel te skep wat vertroue bou.


Ek glo dat elke ruimte ’n storie vertel. Wanneer daardie storie duidelik, konsekwent en doelbewus vertel word, skep dit nie net ’n mooier ruimte nie — dit skep ’n beter ervaring vir elke gas.


Visuele Rustigheid • Duidelike Rigting • Meer Besprekings


Helen M Loggenberg

Founder & Creative Director

JOY Designs





Waarom kry sommige mooi plekke steeds min besprekings?


Baie gasteverblyf plekke is mooi, maar hulle rigting is nie duidelik of konsekwent aanlyn nie. Wanneer ’n voornemende gas twyfel, kies hulle eenvoudig die volgende opsie.


Dis selde jou plek wat die probleem is. Dis meestal jou styl, struktuur en storie wat nie saamwerk nie.




Die JOY Designs Proses


  1. Gratis Oudit
  2. Duidelikheid
  3. Plan
  4. Implementering
  5. Meer Besprekings

Van onsekerheid na duidelike rigting.




Hoe ons help

Hoe ons help







Begin hier

Kies die beginpunt wat vir jou werk!

Begin hier

Kies die beginpunt wat vir jou werk!

The JOY Promise

We treat your business as if it were our own.


A Blessing for Your Journey

May your work bring purpose, your business bring prosperity, and your journey be filled with joy.